HOSEA 7:7 – Vergelyk alle weergawes
HOSEA 7:7 AFR83 (Afrikaans 1983)
Hulle was almal soos 'n oond wat brand: so het hulle hulle regeerders verteer en het al hulle konings tot 'n val gekom. Maar nie een van hulle vra ooit na my wil nie.
HOSEA 7:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Hulle almal gloei soos 'n oond en verteer hul regeerders, al hulle konings val; daar is niemand onder hulle wat My aanroep nie.
HOSEA 7:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hulle was almal soos ’n oond wat brand en maak hulle regeerders dood. Al hulle konings het tot ’n val gekom, die een na die ander. Tog is daar nie een van hulle wat na My roep vir hulp nie.
HOSEA 7:7 DB (Die Boodskap)
Soos die oond vlam hulle skielik op en verbrand hulle leiers. Hulle vermoor al hulle konings. Nie een van die konings het My kom vra om hulle te help nie.”
HOSEA 7:7 ABA (Bybel vir almal)
Hulle is soos die vuur in 'n oond wat aanhou brand, hulle maak hulle leiers dood. Hulle konings sterf almal, maar hulle vra nie dat Ek hulle moet help nie.
HOSEA 7:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het almal gegloei soos 'n oond; hulle het hulle heersers verteer; al hulle konings het tot 'n val gekom. Daar is onder hulle nie een wat na My roep nie.”
HOSEA 7:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle is almal warm soos 'n oond en het hulle regters verorber; al hulle konings het geval; daar is niemand onder hulle wat na My roep nie.