HOSEA 7:3 – Vergelyk alle weergawes
HOSEA 7:3 AFR83 (Afrikaans 1983)
Met hulle bose optrede en met hulle slinkse planne stel hulle die koning en sy amptenare tevrede
HOSEA 7:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Met hulle boosheid verbly hulle die koning en met hulle leuens die vorste.
HOSEA 7:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Hulle maak die koning bly met al hulle boosheid en die leiers met hulle leuens.
HOSEA 7:3 DB (Die Boodskap)
“Die koning is baie tevrede met die slegte dinge wat sy mense doen. Sy leiers glo al die leuens wat hulle verkoop.
HOSEA 7:3 ABA (Bybel vir almal)
“Die koning en sy amptenare was bly dat hulle mense sleg was en gelieg het.
HOSEA 7:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Met hulle boosheid verheug hulle die koning, en met hulle leuens, leiers
HOSEA 7:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle maak die koning bly met hul boosheid, en die vorste met hul leuens.