Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HOSEA 4:2 – Vergelyk alle weergawes

HOSEA 4:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

het vervloeking, valsheid, moord, diefstal en egbreuk hand oor hand toegeneem en is die vergieting van onskuldige bloed aan die orde van die dag.

HOSEA 4:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak.

HOSEA 4:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Julle vloek en lieg, maak dood en steel, en pleeg egbreuk. Oral is daar geweld en bloedvergieting.

HOSEA 4:2 DB (Die Boodskap)

Deur die hele land word daar gevloek en bedrieg, gemoor en gesteel. Hulle mans en vroue verneuk mekaar. Hulle gaan mekaar te lyf. Dis die een bloedbad op die ander.

HOSEA 4:2 ABA (Bybel vir almal)

Hulle vervloek mekaar, hulle lieg, hulle maak ander mense dood, hulle steel, hulle slaap by ander mans se vroue, hulle hou aan om mense te vermoor.

HOSEA 4:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

het meineed en bedrog, moord, diefstal en egbreuk toegeneem, en bloedbad volg op bloedbad.

HOSEA 4:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Deur te vloek en te lieg en dood te maak en te steel en egbreuk te pleeg, breek hulle uit, en bloed raak bloed.