Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HOSEA 2:3 – Vergelyk alle weergawes

HOSEA 2:3 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ek sal My nie oor haar eerste kinders ontferm nie, want hulle is buite-egtelike kinders.

HOSEA 2:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En Ek sal My oor haar kinders nie ontferm nie, want hulle is kinders uit hoerery gebore.

HOSEA 2:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ek sal ook nie haar kinders liefhê soos my eie nie, want hulle is nie my kinders nie. Hulle is deur ander mans verwek.

HOSEA 2:3 DB (Die Boodskap)

Ek sal nie haar kinders liefhê nie. Hulle is nie my kinders nie. Hulle is kinders wat sy by ander mans gehad het.

HOSEA 2:3 ABA (Bybel vir almal)

Ek sal ook nie vir haar kinders goed wees nie, want hulle is ontrou kinders.

HOSEA 2:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Oor haar kinders sal Ek my nie ontferm nie, want hulle is hoerkinders.

HOSEA 2:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

sodat ek haar nie kaal uittrek en haar stel soos op die dag dat sy gebore is nie, en haar soos 'n woestyn maak en haar soos 'n droë land maak en haar van dors doodmaak.