Slaan direk na inhoud oor

HOSEA 2:20 – Vergelyk alle weergawes

HOSEA 2:20 AFR83 (Afrikaans 1983)

Dié dag sal Ek antwoord, sê die Here. Ek sal die lug antwoord en dié sal die grond antwoord.

HOSEA 2:20 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En in dié dag sal Ek verhoor, spreek die HERE, Ek sal die hemel verhoor en dié sal die aarde verhoor.

HOSEA 2:20 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Op daardie dag,” sê die HERE, “sal Ek antwoord en die hemel sal die aarde antwoord sodat dit reën.

HOSEA 2:20 DB (Die Boodskap)

“Op daardie dag,” sê die Here, “sal Ek doen waarvoor hulle gebid het. Ek sal wolke in die lug gee. Dit sal reën op die grond wat so dors was.

HOSEA 2:20 ABA (Bybel vir almal)

Die Here sê: “Daardie dag sal Ek praat. Ek sal praat met die lug, en die lug sal met die aarde praat

HOSEA 2:20 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“ Op daardie dag sal Ek antwoord,” is die uitspraak van die HERE. “Ek sal die hemel antwoord, en dit sal die aarde antwoord

HOSEA 2:20 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Ek sal jou ook aan my verloof in trou, en jy sal die HERE ken.