Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HOSEA 2:2 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HOSEA 2:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

anders trek Ek haar kaal uit en maak haar so weerloos soos op haar geboortedag. Ek sal haar soos 'n woestyn maak, soos 'n dor land, en sy sal van dors doodgaan.

HOSEA 2:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Anders sal Ek haar naak uittrek en haar neersit soos op die dag van haar geboorte en haar maak soos 'n woestyn, ja, haar stel soos 'n dor land en haar van dors laat sterwe.

HOSEA 2:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Anders sal Ek haar kaal uittrek soos op die dag van haar geboorte. Ek sal haar maak soos ’n woestyn, soos ’n dor land sodat sy sterf van die dors.

HOSEA 2:2 DB (Die Boodskap)

As sy nie ophou nie, gaan Ek haar dwing om al haar klere uit te trek sodat almal vir haar kan lag. Ek gaan haar skaam maak. Ek gaan haar poedelkaal laat uittrek soos die dag toe sy gebore is. Ek gaan haar eensaam maak, soos die woestyn. Ek gaan haar maak soos ’n plek in die veld waar niemand kom nie, omdat daar nie water is nie. Ek sal haar laat doodgaan van die dors.

HOSEA 2:2 ABA (Bybel vir almal)

As sy nie ophou om dit te doen nie, dan sal Ek al haar klere uittrek, dan sal sy so kaal wees soos toe sy gebore is. Ek sal haar maak soos 'n woestyn waar nie water is nie. Sy sal sterf, want sy sal nie water hê om te drink nie.

HOSEA 2:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

anders sal Ek haar kaal uittrek, en haar laat soos op haar geboortedag. Ek sal haar soos 'n woestyn maak, haar as 'n dor land laat lê en haar van dors laat sterf.

HOSEA 2:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Pleit met jou moeder, pleit, want sy is nie my vrou nie, en ek is nie haar man nie; laat sy dan haar hoererye en haar owerspel tussen haar borste uit verwyder