HOSEA 2:19 – Vergelyk alle weergawes
HOSEA 2:19 AFR83 (Afrikaans 1983)
Ek gaan jou aan My bind deur my onverbreekbare trou sodat jy aan My, die Here, toegewy sal wees.
HOSEA 2:19 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En Ek sal My met jou verloof in trou; dan sal jy die HERE ken.
HOSEA 2:19 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Ek sal getrou aan jou bly en jou Myne maak, en jy sal uiteindelik vir My ken as die HERE.
HOSEA 2:19 DB (Die Boodskap)
Ek sal altyd aan jou getrou bly. Daaraan sal jy weet dat Ek die Here is.
HOSEA 2:19 ABA (Bybel vir almal)
Ek sal julle my volk maak, julle sal My altyd wil dien. Julle sal altyd naby die Here wil wees.”
HOSEA 2:19 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek gaan My in trou aan jou verloof, en jy sal die HERE erken.
HOSEA 2:19 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Ek sal jou aan my verloof vir ewig; ja, Ek sal My met jou verloof in geregtigheid en in reg en in goedertierenheid en in barmhartigheid.