Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HAGGAI 2:1 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HAGGAI 2:1 AFR83 (Afrikaans 1983)

Op die een en twintigste van die sewende maand, in die tweede regeringsjaar van koning Darius, het die woord van die Here weer deur die profeet Haggai gekom

HAGGAI 2:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

OP die een-en-twintigste dag van die sewende maand het die woord van die HERE deur die diens van die profeet Haggai gekom en gesê

HAGGAI 2:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Op 17 Oktober van dieselfde jaar het die HERE weer vir die profeet Haggai ’n boodskap gegee.

HAGGAI 2:1 DB (Die Boodskap)

Op 17 Oktober van dieselfde jaar het die Here weer vir Haggai ’n boodskap vir die volk gegee.

HAGGAI 2:1 ABA (Bybel vir almal)

Op die 21ste dag van die sewende maand het die Here weer die profeet Haggai gestuur om vir hulle 'n boodskap te bring.

HAGGAI 2:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Op die een-en-twintigste dag van die sewende maand het die woord van die HERE gekom by monde van die profeet Haggai

HAGGAI 2:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

In die sewende maand, op die een en twintigste dag van die maand, het die woord van die HERE deur die profeet Haggai gekom en gesê