Slaan direk na inhoud oor

GENESIS 4:2 – Vergelyk alle weergawes

GENESIS 4:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

Sy het weer 'n kind gekry, Abel, 'n broer vir Kain. Abel was 'n veeboer en Kain 'n saaiboer.

GENESIS 4:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het 'n skaapherder geword, en Kain 'n landbouer.

GENESIS 4:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Daarna het sy geboorte gegee aan sy broer Abel. Toe hulle groot was, het Abel ’n veeboer geword en Kain ’n landbouer.

GENESIS 4:2 DB (Die Boodskap)

Haar tweede kind was ook ’n seun en sy het hom Abel genoem. Abel was ’n herder wat skape aangehou het. Kain was ’n boer wat die aarde bewerk het.

GENESIS 4:2 ABA (Bybel vir almal)

Later het sy weer 'n seun gekry. Sy naam was Abel, en hy was Kain se broer. Abel het met skape en bokke geboer. Kain was ook 'n boer, hy het koring gesaai.

GENESIS 4:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Sy het weer geboorte gegee – aan sy broer, aan Abel. Abel was 'n herder van kleinvee, en Kain 'n landbouer.

GENESIS 4:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Sy het weer sy broer Abel gebaar. En Abel was 'n veewagter, maar Kain was 'n landbouer van die grond.