Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

ESTER 7:7 – Vergelyk alle weergawes

ESTER 7:7 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die koning het woedend van die ete af opgestaan en na die tuin van die paleis toe gegaan. Haman het egter bly staan om by koningin Ester om sy lewe te smeek, want hy het gesien dat die koning klaar oor sy ondergang besluit het.

ESTER 7:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En die koning het in sy woede van die wynmaaltyd opgestaan en na die tuin van die paleis gegaan, terwyl Haman daar bly staan om van koningin Ester die behoud van sy lewe af te smeek; want hy het gesien dat die onheil oor hom by die koning vas besluit was.

ESTER 7:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die koning het woedend van die ete af opgespring en uitgegaan na die tuin van die paleis. Haman het by koningin Ester agtergebly om vir sy lewe te smeek. Hy het gesien dat dit verby was met hom by die koning.

ESTER 7:7 DB (Die Boodskap)

Die koning het woedend van die tafel af opgestaan en uitgestorm tuin toe. Haman het geweet dat die koning van plan was om hom hiervoor te straf. Daarom het hy agtergebly om by Ester te pleit vir sy lewe.

ESTER 7:7 ABA (Bybel vir almal)

Die koning was baie kwaad. Hy het opgestaan van die tafel en hy het na die tuin van die paleis gegaan. Haman het daar gebly staan en hy het gesoebat dat koningin Ester moet help om sy lewe te spaar, want hy het gesien dat die koning klaar besluit het dat daar niks goed met hom sal gebeur nie.

ESTER 7:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die koning het woedend van die wynbanket af opgestaan en na die tuin van die paleis gegaan, maar Haman het agtergebly om by koningin Ester om sy lewe te smeek, want hy het gesien dat die koning reeds oor sy ondergang besluit het.

ESTER 7:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En die koning het in sy toorn van die wynmaaltyd opgestaan en in die tuin van die paleis ingegaan; en Haman het opgestaan om sy lewe aan koningin Ester te vra; want hy het gesien dat daar onheil deur die koning oor hom beslis is.