Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

ESTER 7:5 – Vergelyk alle weergawes

ESTER 7:5 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe vra koning Ahasveros vir koningin Ester: “Wie is dit wat so iets beplan, en waar is hy?”

ESTER 7:5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Toe spreek koning Ahasvéros en sê aan koningin Ester: Wie is hy, en waar is hy wie se hart hom ingegee het om so te maak?

ESTER 7:5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Wie is dit wat so iets wil doen?” vra koning Ahasveros vir koningin Ester. “Waar is hy?”

ESTER 7:5 DB (Die Boodskap)

“Wie wil so iets doen?” wou koning Ahasveros weet. “Waar is hierdie man?”

ESTER 7:5 ABA (Bybel vir almal)

Toe sê koning Ahasveros vir koningin Ester: “Wie is dit? Waar is die persoon wat hierdie planne gemaak het?”

ESTER 7:5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Koning Ahasveros vra toe vir koningin Ester: “Wie is hy? En waar is hierdie man wat hom aanmatig om so iets te doen?”

ESTER 7:5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Toe antwoord koning Ahasveros en sê vir koningin Ester: Wie is hy, en waar is hy wat in sy hart vermetel was om dit te doen?