Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

ESTER 7:1 – Vergelyk alle weergawes

ESTER 7:1 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die koning en Haman het by koningin Ester gekom om saam met haar te eet.

ESTER 7:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

TOE die koning en Haman inkom om saam met koningin Ester die feesmaal te hou

ESTER 7:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die koning en Haman het by koningin Ester aangekom om saam met haar te eet.

ESTER 7:1-2 DB (Die Boodskap)

Die koning en Haman het toe by Ester gaan eet. Terwyl hulle besig was om wyn te drink, het die koning weer vir haar gevra: “Koningin Ester, wat is dit wat jy van my wil hê? Sê vir my en ek sal dit vir jou gee, selfs al is dit die helfte van my koninkryk.”

ESTER 7:1 ABA (Bybel vir almal)

Die koning en Haman het by koningin Ester kom eet.

ESTER 7:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die koning en Haman het by koningin Ester gaan eet.

ESTER 7:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Die koning en Haman het toe gekom om saam met koningin Ester te eet.