ESTER 6:3 – Vergelyk alle weergawes
ESTER 6:3 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe vra die koning: “Watter eerbewys en erkenning het Mordegai hiervoor ontvang?” Die kamerpersoneel van die koning het geantwoord: “Hy het niks ontvang nie.”
ESTER 6:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Daarop sê die koning: Watter eer en verhoging het Mórdegai daarvoor te beurt geval? En die jongmanne van die koning, sy dienaars, het geantwoord: Met hom het niks gebeur nie.
ESTER 6:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Watter beloning of erkenning het Mordegai hiervoor ontvang?” wou die koning weet. Sy amptenare het geantwoord: “Hy het niks gekry nie.”
ESTER 6:3 DB (Die Boodskap)
“Het ons Mordegai ooit hiervoor beloon of aan hom eer bewys?” wou die koning weet. “Nee,” het sy kamerpersoneel geantwoord. “Hy het niks gekry nie.”
ESTER 6:3 ABA (Bybel vir almal)
Die koning vra toe: “Wat het ons gedoen om vir Mordegai te wys dat hy belangrik is?” Die jongmanne wat vir die koning bedien het, sê toe: “Ons het niks vir hom gedoen nie.”
ESTER 6:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Watter eer en erkenning het Mordegai daarvoor ontvang?” het die koning gevra. Die jong manne van die koning, sy dienaars, het geantwoord: “Daar is niks vir hom gedoen nie.”
ESTER 6:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê die koning: Watter eer en waardigheid het Mordegai hiervoor aangedoen? Toe sê die dienaars van die koning wat hom bedien het: Daar is niks aan hom gedoen nie.