ESTER 5:4 – Vergelyk alle weergawes
ESTER 5:4 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe sê Ester: “As u dit goedvind, kom dan vandag saam met Haman na 'n maaltyd toe wat ek vir u voorberei het.”
ESTER 5:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Daarop antwoord Ester: As die koning dit goedvind, laat die koning dan vandag met Haman na die maaltyd kom wat ek vir hom berei het.
ESTER 5:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Toe sê Ester: “As dit die koning behaag, sal hy en Haman dan asseblief vandag na die onthaal kom wat ek vir u voorberei het?”
ESTER 5:4 DB (Die Boodskap)
“As dit met u reg is,” sê sy toe, “wil ek graag hê dat u en Haman vanaand my gaste sal wees by ’n ete wat ek vir u voorberei het.”
ESTER 5:4 ABA (Bybel vir almal)
Ester het gesê: “As die koning dink dit is reg, dan moet die koning en Haman vandag saam met my kom eet.”
ESTER 5:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ester het geantwoord: “As die koning dit goedvind, laat u en Haman vandag na die feesmaal kom wat ek vir u voorberei het.”
ESTER 5:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Ester antwoord: As dit in die oë van die koning goed lyk, laat die koning en Haman vandag kom na die maaltyd wat ek vir hom berei het.