Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

ESTER 3:5 – Vergelyk alle weergawes

ESTER 3:5 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe Haman sien dat Mordegai nie kniel en aan hom eer bewys nie, was hy woedend.

ESTER 3:5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Toe Haman sien dat Mórdegai nie buig en voor hom nie neerval nie, was Haman met woede vervul.

ESTER 3:5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe Haman sien dat Mordegai nie voor hom wil buig om hom eer te bewys nie, was hy briesend.

ESTER 3:5 DB (Die Boodskap)

Haman was woedend toe hy agterkom dat Mordegai nie respek het vir hom nie.

ESTER 3:5 ABA (Bybel vir almal)

Haman het baie kwaad geword toe hy hoor dat Mordegai nie voor hom wil buig nie en dat hy nie op die grond wil gaan lê nie.

ESTER 3:5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe Haman sien dat Mordegai nie voor hom kniel en diep neerbuig nie, het hy woedend geraak.

ESTER 3:5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En toe Haman sien dat Mórdegai nie buig en hom nie eerbiedig nie, toe was Haman vol woede.