Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

ESTER 2:6 – Vergelyk alle weergawes

ESTER 2:6 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hy was onder die ballinge wat saam met koning Jojagin van Juda uit Jerusalem weggevoer is deur koning Nebukadnesar van Babel.

ESTER 2:6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

wat uit Jerusalem weggevoer was onder die ballinge wat in ballingskap moes gaan saam met Jegónja, die koning van Juda, wat Nebukadnésar, die koning van Babel, weggevoer het.

ESTER 2:6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Sy familie was tussen die ballinge wat koning Nebukadnesar van Babel saam met koning Jojagin van Juda uit Jerusalem weggevoer het.

ESTER 2:6 DB (Die Boodskap)

Hy was een van die ballinge wat saam met koning Jojagin van Juda deur Nebukadnesar, die koning van Babel, uit Jerusalem weggevoer is.

ESTER 2:6 ABA (Bybel vir almal)

Toe koning Nebukadnesar van Babel vir koning Jojagin gevang en weggevat het na Babel, het hy vir Mordegai en sy familie ook saamgevat.

ESTER 2:6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hy was een van die ballinge wat saam met Jojagin, koning van Juda, deur Nebukadnesar, die koning van Babilonië, uit Jerusalem weggevoer is.

ESTER 2:6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

wat uit Jerusalem weggevoer is met die ballingskap wat saam met Jekonja, die koning van Juda, weggevoer is, wat Nebukadnésar, die koning van Babel, weggevoer het.