ESTER 2:5 – Vergelyk alle weergawes
ESTER 2:5 AFR83 (Afrikaans 1983)
In die stad Susan was daar 'n Jood met die naam Mordegai. Hy was uit die stam Benjamin en was 'n seun van Jaïr seun van Simi, seun van Kis.
ESTER 2:5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Daar was 'n Joodse man in die vesting Susan met die naam van Mórdegai, die seun van Jaïr, die seun van Símeï, die seun van Kis, 'n Benjaminiet
ESTER 2:5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
In die vestingstad Susan was daar ’n Jood met die naam Mordegai. Hy was uit die stam Benjamin en was ’n seun van Jaïr, die seun van Simi, die seun van Kis.
ESTER 2:5 DB (Die Boodskap)
Daar het ’n Jood met die naam Mordegai in die stad Susan gebly; hy was die seun van Jaïr. Hy was uit die stam van Benjamin en sy voorouers was Simi en Kis.
ESTER 2:5 ABA (Bybel vir almal)
In die stad Susan was daar 'n man wat uit die land Juda gekom het. Sy naam was Mordegai. Hy was van die Benjamin-stam en hy was die seun van Jaïr seun van Simi seun van Kis.
ESTER 2:5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daar was 'n Judeër in die vestingstad Susan. Sy naam was Mordegai, seun van Jaïr, seun van Simi, seun van Kis, en 'n Benjaminiet.
ESTER 2:5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En in die paleis Susan was daar 'n sekere Jood met die naam van Mórdegai, die seun van Jaïr, die seun van Símeï, die seun van Kis, 'n Benjaminiet