ESTER 2:2 – Vergelyk alle weergawes
ESTER 2:2 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe sê die amptenare wat in die koning se persoonlike diens was: “Die koning moet vir hom mooi meisies laat soek.
ESTER 2:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Toe sê die jongmanne van die koning wat hom dien: Laat hulle vir die koning jongmeisies soek wat mooi van aansien is
ESTER 2:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die amptenare wat in sy persoonlike diens was, sê toe vir hom: “Laat ons na mooi meisies vir die koning soek.
ESTER 2:2 DB (Die Boodskap)
’n Paar van die koning se persoonlike amptenare maak toe ’n voorstel: “Hoekom laat soek die koning nie vir hom ’n klomp mooi jongmeisies in sy koninkryk nie?
ESTER 2:2 ABA (Bybel vir almal)
Die jongmanne wat vir die koning gewerk het, het gesê die koning moet sê hulle moet vir hom mooi jongmeisies soek.
ESTER 2:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die jong manne wat die koning bedien, het gesê: “Laat hulle vir die koning mooi jong meisies soek wat maagde is, en beeldskoon.
ESTER 2:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê die dienaars van die koning wat hom dien: Laat daar mooi jong maagde vir die koning gesoek word.