ESTER 2:19 – Vergelyk alle weergawes
ESTER 2:19 AFR83 (Afrikaans 1983)
In die tyd toe die jongmeisies daar bymekaar was, het nog iets gebeur: Mordegai het in die poort van die koning se paleis gesit
ESTER 2:19 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En toe die jongmeisies vir die tweede keer versamel is, terwyl Mórdegai in die poort van die koning sit
ESTER 2:19 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
In die tyd toe die jong meisies na die tweede harem oorgeplaas is, is Mordegai as amptenaar van die koning aangestel.
ESTER 2:19 DB (Die Boodskap)
Nadat al die jongmeisies na die ander deel van die vrouekwartiere toe is, is Mordegai in ’n administratiewe posisie aangestel.
ESTER 2:19 ABA (Bybel vir almal)
Toe die amptenare die meisies bymekaargebring het, was Mordegai 'n amptenaar by die paleis.
ESTER 2:19 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe daar vir 'n tweede keer maagde bymekaargebring is, het Mordegai in die poort van die koning se paleis gesit.
ESTER 2:19 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe die maagde vir die tweede keer bymekaargekom het, het Mórdegai in die koning se poort gaan sit.