Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

ESTER 2:16 – Vergelyk alle weergawes

ESTER 2:16 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ester is na koning Ahasveros toe in die paleis geneem in die tiende maand, die maand Tebet, in die sewende regeringsjaar van die koning.

ESTER 2:16 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Ester is toe by koning Ahasvéros in sy koninklike paleis opgeneem in die tiende maand, dit is die maand Tebet, in die sewende jaar van sy regering.

ESTER 2:16 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ester is na koning Ahasveros se koninklike paleis gevat in die tiende maand, die maand Tebet, in die sewende regeringsjaar van die koning.

ESTER 2:16 DB (Die Boodskap)

In die tiende maand, genoem die maand Tebet, en in die sewende regeringsjaar van koning Ahasveros, is Ester na hom toe geneem in sy paleis.

ESTER 2:16 ABA (Bybel vir almal)

Ester het by koning Ahasveros in sy paleis gekom in die tiende maand, die maand Tebet, in die sewende jaar nadat hy koning geword het.

ESTER 2:16 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ester is geneem na Artaxerxes, die koning, in die tiende maand, die maand Tebet, in die sewende jaar van sy regering.

ESTER 2:16 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Daarom is Ester na koning Ahasveros in sy koninklike huis geneem in die tiende maand, dit is die maand Tebet, in die sewende jaar van sy regering.