Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

ESTER 2:11 – Vergelyk alle weergawes

ESTER 2:11 AFR83 (Afrikaans 1983)

Mordegai het elke dag voor die voorhof van die vrouekwartiere heen en weer geloop om agter te kom hoe dit met Ester gaan en wat met haar gaan gebeur.

ESTER 2:11 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En Mórdegai het dag vir dag voor die voorhof van die vrouehuis gewandel om te verneem na die welstand van Ester en wat met haar sou gebeur.

ESTER 2:11 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Mordegai het elke dag in die voorhof van die harem gaan rondstaan om agter te kom hoe dit met Ester gaan en wat met haar gebeur.

ESTER 2:11 DB (Die Boodskap)

Mordegai het elke dag by die binnehof van die vrouekwartiere ’n draai gemaak om te hoor hoe dit met Ester gaan en wat van haar gaan word.

ESTER 2:11 ABA (Bybel vir almal)

Mordegai het elke dag by die kamers van die koning se vroue verbygeloop om uit te vind hoe dit met Ester gaan en wat hulle doen met haar.

ESTER 2:11 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Elke dag het Mordegai buite die voorhof van die harem rondgestap om uit te vind hoe dit met Ester gaan en wat met haar gebeur.

ESTER 2:11 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En Mórdegai het elke dag voor die voorhof van die vrouehuis geloop om te weet hoe dit met Ester gaan en wat van haar sou word.