Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

ESTER 2:10 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

ESTER 2:10 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ester het nie haar volksverband en afkoms bekend gemaak nie, want Mordegai het haar belet om dit te doen.

ESTER 2:10 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Ester het haar volk en haar afkoms nie te kenne gegee nie, omdat Mórdegai haar beveel het om dit nie te vertel nie.

ESTER 2:10 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ester het vir niemand gesê van watter volk sy kom, of wie haar familie is nie. Mordegai het haar verbied om dit te doen.

ESTER 2:10 DB (Die Boodskap)

Op Mordegai se advies het Ester vir niemand iets van haar agtergrond of herkoms vertel nie.

ESTER 2:10 ABA (Bybel vir almal)

Ester het nie gesê van watter volk sy is en wie haar familie is nie. Mordegai het gesê sy moet stilbly daaroor.

ESTER 2:10 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ester het nie haar volksverband of haar afkoms bekend gemaak nie, want Mordegai het haar beveel om dit nie te doen nie.

ESTER 2:10 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Ester het haar volk en haar familie nie te kenne gegee nie, want Mórdegai het haar bevel gegee om dit nie te vertel nie.