ESTER 1:4 – Vergelyk alle weergawes
ESTER 1:4 AFR83 (Afrikaans 1983)
By dié geleentheid het die koning al die rykdom waarmee sy koninkryk kon spog, al die prag en praal daarvan, honderd en tagtig dae lank vertoon.
ESTER 1:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
waarby hy die rykdom van sy koninklike heerlikheid en die skitterende prag van sy grootheid baie dae, honderd-en-tagtig dae lank, vertoon het.
ESTER 1:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die fees het 180 dae lank aangehou, terwyl die koning gespog het met die rykdom van sy koninkryk en al die prag en praal daarvan.
ESTER 1:4 DB (Die Boodskap)
Ses maande lank het hy met sy rykdom en indrukwekkende koninkryk gespog.
ESTER 1:4 ABA (Bybel vir almal)
Die koning wou vir hulle wys dat hy 'n ryk en belangrike koning is. Die fees het 180 dae lank aangehou.
ESTER 1:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het toe die prag en praal van sy koninkryk se rykdom, sowel as die kosbare skatte wat van sy belangrikheid getuig, dae lank, 180 dae lank, vertoon.
ESTER 1:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe hy die rykdom van sy heerlike koninkryk en die eer van sy voortreflike majesteit baie dae, honderd en tagtig dae, getoon het.