Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

ESTER 1:2 – Vergelyk alle weergawes

ESTER 1:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

In die tyd toe sy troon in die vestingstad Susan was

ESTER 1:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

in dié dae toe koning Ahasvéros op sy koninklike troon in die vesting Susan gesit het

ESTER 1:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die setel van sy regering was in daardie tyd in die vestingstad Susan.

ESTER 1:1-2 DB (Die Boodskap)

Die volgende verhaal het in die tyd van koning Ahasveros van Persië afgespeel. Uit sy paleis in Susan het hy oor 127 provinsies regeer, wat gestrek het van Indië af tot by Etiopië.

ESTER 1:2 ABA (Bybel vir almal)

In die tyd toe koning Ahasveros regeer het, het hy gewoon in Susan, 'n stad wat sterk mure gehad het.

ESTER 1:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

In daardie tyd, terwyl koning Ahasveros op sy koninklike troon was in die vestingstad Susan

ESTER 1:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Dat in daardie dae, toe koning Ahasveros op die troon van sy koninkryk gesit het wat in die paleis Susan was