Bible App logo
Soek-ikoon

EFESIËRS 4:21 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

EFESIËRS 4:21 AFR83 (Afrikaans 1983)

Julle het tog van Hom gehoor, en omdat julle sy volgelinge is, is julle onderrig volgens die waarheid wat in Jesus is.

EFESIËRS 4:21 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus

EFESIËRS 4:21 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Julle het tog van Hom gehoor. Julle het tog aangaande Hom onderrig ontvang volgens die waarheid wat daar by Jesus is. Julle het tog in julle eenheidsband met Jesus die waarheid geleer

EFESIËRS 4:21 DB (Die Boodskap)

Toe julle van Hom gehoor het, het julle sy volgelinge geword. So het julle geleer wat die waarheid is, want dit is alleen as jy Jesus ken dat jy by die waarheid uitkom.

EFESIËRS 4:21 ABA (Bybel vir almal)

Ja, julle het gehoor van Hom, julle het geleer van Hom, julle weet Jesus is self die waarheid.

EFESIËRS 4:21 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Julle het tog van Hom gehoor, en julle is oor Hom onderrig, volgens die waarheid wat in Jesus is

EFESIËRS 4:21 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

As julle hom gehoor het en deur hom geleer is, soos die waarheid in Jesus is