Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

PREDIKER 4:2 – Vergelyk alle weergawes

PREDIKER 4:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe het ek gedink dié wat klaar dood is, is gelukkiger as dié wat nog lewe

PREDIKER 4:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Daarom het ek die dooies wat lankal gesterf het, gelukkig geprys bo die lewendes wat nog lewe

PREDIKER 4:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Daarom het ek gedink mense wat reeds dood is, is gelukkiger as dié wat nog lewe.

PREDIKER 4:2 DB (Die Boodskap)

Ek beny daardie mense wat klaar dood is, want hulle is beter daaraan toe as dié wat nog leef.

PREDIKER 4:2 ABA (Bybel vir almal)

Ek het toe gedink die mense wat klaar dood is, is gelukkiger as die mense wat nog lewe.

PREDIKER 4:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ek het die dooies wat lankal gesterf het, as gelukkig geprys bo dié wat nog leef

PREDIKER 4:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Daarom het ek die dooies wat reeds dood is, meer geprys as die lewendes wat nog lewe.