Slaan direk na inhoud oor

DANIËL 3:6 – Vergelyk alle weergawes

DANIËL 3:6 AFR83 (Afrikaans 1983)

Wie nie buig en die beeld aanbid nie, sal onmiddellik in 'n brandende oond gegooi word.”

DANIËL 3:6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En hy wat nie neerval en aanbid nie, sal op die daad binne-in die brandende vuuroond gegooi word.

DANIËL 3:6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Enigeen wat nie neerkniel om dit te aanbid nie, sal dadelik in ’n vuurwarm oond gegooi word.”

DANIËL 3:6 DB (Die Boodskap)

Enigeen wat weier om die beeld te aanbid sal dadelik in ’n vuurwarm oond gegooi word.”

DANIËL 3:6 ABA (Bybel vir almal)

My manne sal elkeen wat nie buig nie, dadelik in 'n groot vuur gooi.”

DANIËL 3:6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Wie ook al nie neerval en eer betoon nie, sal dadelik binne-in die vlammende vuuroond gegooi word.”

DANIËL 3:6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En elkeen wat nie neerval en aanbid nie, sal in dieselfde uur in die middel van 'n brandende vuuroond gegooi word.