HANDELINGE 9:42 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 9:42 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die hele Joppe het hiervan gehoor, en baie mense het tot geloof in die Here gekom.
HANDELINGE 9:42 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En dit het bekend geword in die hele Joppe, en baie het in die Here geglo.
HANDELINGE 9:42 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Dié gebeure het in die hele Joppe bekend geword, en baie het tot geloof in die Here gekom.
Deel
HANDELINGE 9 NLVHANDELINGE 9:42 DB (Die Boodskap)
Hierdie nuus het soos ’n veldbrand deur Joppe versprei. Dit het gemaak dat baie mense in die Here begin glo het.
Deel
HANDELINGE 9 DBHANDELINGE 9:42 ABA (Bybel vir almal)
Al die mense in die stad Joppe het gehoor wat Petrus gedoen het, en baie mense het in die Here begin glo.
Deel
HANDELINGE 9 ABAHANDELINGE 9:42 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit het dwarsdeur die hele Joppe bekend geword, en baie het tot geloof in die Here gekom.
HANDELINGE 9:42 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dit was bekend in die hele Joppe; en baie het in die Here geglo.