HANDELINGE 9:37 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 9:37 AFR83 (Afrikaans 1983)
Juis in die tyd toe Petrus in Lidda was, het sy siek geword en gesterwe. Hulle het haar gewas en in 'n bokamer neergelê.
HANDELINGE 9:37 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En in dié dae het sy siek geword en gesterwe, en hulle het haar gewas en in 'n bovertrek neergelê.
HANDELINGE 9:37 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Juis in dié tyd het sy siek geword en is sy dood. Hulle het haar liggaam vir die begrafnis voorberei, en in ’n bokamer neergelê.
HANDELINGE 9:37 DB (Die Boodskap)
Juis in daardie tyd toe Petrus in die omgewing was, het Tabita ernstig siek geword. Kort daarna is sy oorlede. Ander gelowiges het haar liggaam gereedgemaak vir die begrafnis. Hulle het haar gewas en in ’n bokamer uitgelê.
HANDELINGE 9:37 ABA (Bybel vir almal)
Sy het in daardie tyd siek geword en gesterf. Nadat mense haar liggaam gewas het, het hulle dit in die bo-kamer neergesit.
HANDELINGE 9:37 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
In daardie dae het sy siek geword en gesterf. Hulle het haar gewas en in 'n bovertrek neergelê.
HANDELINGE 9:37 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En in dié dae het sy siek geword en gesterwe; en toe hulle gewas het, het hulle haar in die bovertrek neergelê.