Slaan direk na inhoud oor

HANDELINGE 9:29 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 9:29 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hy het ook met die Griekssprekende Jode gepraat en met hulle geredeneer; maar hulle het hom probeer vermoor.

HANDELINGE 9:29 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

en vrymoediglik gespreek in die Naam van die Here Jesus, en ook met die Griekssprekende Jode gepraat en geredetwis, maar hulle het probeer om hom dood te maak.

HANDELINGE 9:29 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hy het ook met Griekssprekende Jode gepraat en met hulle geredeneer, maar hulle het planne beraam om hom te vermoor.

HANDELINGE 9:29 DB (Die Boodskap)

Kort voor lank het Saulus egter moeilikheid gekry met ’n groep Griekssprekende Jode. Hulle het niks gehou van wat hy gesê het nie. Hulle het toe besluit om hom dood te maak.

HANDELINGE 9:29 ABA (Bybel vir almal)

Hy het ook gepraat met die Jode wat Grieks gepraat het, en hy het met hulle gestry, maar hulle het probeer om hom dood te maak.

HANDELINGE 9:29 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hy het ook met die Helleniste gepraat en geredeneer, maar hulle het hom probeer doodmaak.

HANDELINGE 9:29 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En hy het met vrymoedigheid in die Naam van die Here Jesus gespreek en teen die Grieke getwis, maar hulle het gegaan om Hom dood te maak.