Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 9:14 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 9:14 AFR83 (Afrikaans 1983)

En nou is hy hier met volmag van die priesterhoofde om almal gevange te neem wat u Naam aanroep.”

HANDELINGE 9:14 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

en hy het hier volmag van die owerpriesters om almal te boei wat u Naam aanroep.

HANDELINGE 9:14 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

En ons hoor hy het ’n mandaat van die priesterhoofde om al die gelowiges hier in Damaskus te arresteer.”

HANDELINGE 9:14 DB (Die Boodskap)

Nou het hy na ons toe gekom met lasbriewe van die hoëpriester om ons almal te vang.”

HANDELINGE 9:14 ABA (Bybel vir almal)

En nou is Saulus hier, en die hoëpriester het gesê dat hy die mense mag vang wat vir U aanbid en dien.”

HANDELINGE 9:14 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

En hier het hy volmag van die leierpriesters om almal wat u Naam aanroep, in boeie te slaan.”

HANDELINGE 9:14 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En hier het hy gesag van die owerpriesters om almal te bind wat u Naam aanroep.