HANDELINGE 9:13 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 9:13 AFR83 (Afrikaans 1983)
Maar Ananias sê: “Here, ek het al by baie mense van hierdie man gehoor en van al die kwaad wat hy die mense wat in U glo, in Jerusalem aangedoen het.
HANDELINGE 9:13 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar Ananías antwoord: Here, ek het van baie mense aangaande hierdie man gehoor hoeveel kwaad hy u heiliges in Jerusalem aangedoen het
HANDELINGE 9:13 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Maar Ananias het geantwoord: “Here, ek het al by baie mense van hierdie man gehoor – watter kwaad hy die gelowiges in Jerusalem aangedoen het!
HANDELINGE 9:13 DB (Die Boodskap)
Ananias het geskrik toe hy dit hoor: “Here, heelwat mense het my al teen hierdie man gewaarsku. Dis hy wat u kinders in Jerusalem so wreed vervolg.
HANDELINGE 9:13 ABA (Bybel vir almal)
Maar Ananias het vir die Here gesê: “Here, baie mense het vir my vertel dat hierdie man baie slegte dinge in Jerusalem gedoen het aan die mense wat in U glo.
HANDELINGE 9:13 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ananias het geantwoord: “Here, ek het by baie mense van hierdie man gehoor, van al die kwaad wat hy u •heiliges in Jerusalem aangedoen het.
HANDELINGE 9:13 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe antwoord Ananias: Here, ek het by baie van hierdie man gehoor hoeveel kwaad hy u heiliges in Jerusalem aangedoen het.