HANDELINGE 9:11
HANDELINGE 9:11 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê toe vir Ananias: “Staan op en gaan na Reguitstraat. Jy moet in die huis van Judas soek na Saulus wat van die stad Tarsus kom. Jy sal sien hy is besig om te bid.
HANDELINGE 9:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê die Here vir hom: Staan op en gaan na die straat wat genoem word Reguitstraat, en vra in die huis van Judas na 'n man met die naam van Saulus van Tarsus, want kyk, hy bid
HANDELINGE 9:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
En die Here sê vir hom: “Gaan dadelik na Reguitstraat toe en vra by Judas se huis na 'n man van Tarsus met die naam Saulus. Hy is besig om te bid
HANDELINGE 9:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe sê die Here vir hom: “Maak gereed en gaan na die straat bekend as Reguitstraat, en vra in die huis van Judas na iemand uit Tarsus met die naam Saulus. Want kyk, hy is besig om te bid
HANDELINGE 9:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die Here vir hom: Staan op en gaan na die straat wat genoem word Reguit, en vra in die huis van Judas na iemand wat Saul genoem word, van Tarsus; want kyk, hy bid.