HANDELINGE 7:8
HANDELINGE 7:8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
God het in hierdie tyd vir Abraham die verbond gegee waarvan die besnydenis die teken is. So het dit gekom dat Abraham sy seun Isak besny het toe hy agt dae oud was. Isak het dieselfde gedoen met Jakob, en Jakob met die twaalf stamvaders.
HANDELINGE 7:8 Bybel vir almal (ABA)
Toe het God 'n verbond gemaak met Abraham, dit was die besnydenis. Daarom, toe Abraham die pa geword het van Isak, het hy vir Isak besny toe Isak ag dae oud was. En Isak het ook vir Jakob besny, en Jakob het dieselfde gedoen met die voorvaders van die twaalf stamme.
HANDELINGE 7:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy het hom die verbond van die besnydenis gegee, en so het hy die vader van Isak geword en hom op die agtste dag besny; en Isak het die vader van Jakob geword, en Jakob van die twaalf aartsvaders.
HANDELINGE 7:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
God het met Abraham 'n verbond gesluit waarvan die besnydenis die teken is. So het dit gekom dat Abraham sy seun Isak op die agste dag na sy geboorte besny het. Isak het dieselfde gedoen met Jakob, en Jakob met die twaalf stamvaders.
HANDELINGE 7:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En Hy het met hom die verbond van besnydenis gesluit; en so het hy Isak verwek en hom op die agtste dag besny, en so ook Isak vir Jakob, en Jakob die twaalf stamvaders.
HANDELINGE 7:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het hom die verbond van die besnydenis gegee, en so was Abraham die vader van Isak en het hy hom op die agtste dag besny; en Isak het Jakob verwek; en Jakob was die vader van die twaalf aartsvaders.
HANDELINGE 7:8 Die Boodskap (DB)
“God het toe ’n ooreenkoms met Abraham gesluit. As bewys het Hy vir hom ’n teken aan sy liggaam gegee: die besnydenis. Abraham het daarna ’n seun gehad. Hy het hom Isak genoem. Agt dae na sy geboorte het hy hom besny. Isak was Jakob se pa, en Jakob die pa van die twaalf stamhoofde van ons volk.”