HANDELINGE 7:59
HANDELINGE 7:59 Bybel vir almal (ABA)
En terwyl die Joodse Raad vir Stefanus met klippe gooi, het Stefanus gebid en gesê: “Here Jesus, neem my gees.”
HANDELINGE 7:59 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle het Stéfanus gestenig terwyl hy die Here aanroep en sê: Here Jesus, ontvang my gees!
HANDELINGE 7:59 Afrikaans 1983 (AFR83)
Terwyl hulle vir Stefanus stenig, het hy geroep: “Here Jesus, ontvang my gees!”
HANDELINGE 7:59 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En hulle het Stefanus gestenig, terwyl hy uitroep: “Here Jesus, ontvang my gees!”
HANDELINGE 7:59 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle het Stefanus gestenig terwyl hy God aanroep en sê: Here Jesus, ontvang my gees.
HANDELINGE 7:59 Die Boodskap (DB)
Terwyl die klippe op Stefanus neergereën het, het hy gebid: “Here Jesus, neem my nou na U toe.” Toe het hy op sy knieë neergeval en hard uitgeroep: “Here, moenie dié sonde teen hierdie mense laat tel nie! Vergeef hulle.” Dit was Stefanus se laaste woorde. Hy het daarna inmekaargesak en is daar op die plek dood.