HANDELINGE 7:59 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 7:59 AFR83 (Afrikaans 1983)
Terwyl hulle vir Stefanus stenig, het hy geroep: “Here Jesus, ontvang my gees!”
HANDELINGE 7:59 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En hulle het Stéfanus gestenig terwyl hy die Here aanroep en sê: Here Jesus, ontvang my gees!
HANDELINGE 7:59 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Terwyl hulle besig was om Stefanus te stenig, het hy gebid: “Here Jesus, ontvang my gees.”
HANDELINGE 7:59 DB (Die Boodskap)
Terwyl die klippe op Stefanus neergereën het, het hy gebid: “Here Jesus, neem my nou na U toe.” Toe het hy op sy knieë neergeval en hard uitgeroep: “Here, moenie dié sonde teen hierdie mense laat tel nie! Vergeef hulle.” Dit was Stefanus se laaste woorde. Hy het daarna inmekaargesak en is daar op die plek dood.
HANDELINGE 7:59 ABA (Bybel vir almal)
En terwyl die Joodse Raad vir Stefanus met klippe gooi, het Stefanus gebid en gesê: “Here Jesus, neem my gees.”
HANDELINGE 7:59 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
En hulle het Stefanus gestenig, terwyl hy uitroep: “Here Jesus, ontvang my gees!”
HANDELINGE 7:59 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het Stefanus gestenig terwyl hy God aanroep en sê: Here Jesus, ontvang my gees.