Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 7:48 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 7:48 AFR83 (Afrikaans 1983)

God, die Allerhoogste, woon egter nie in geboue wat deur mense gemaak is nie. Soos die profeet dit stel

HANDELINGE 7:48 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar die Allerhoogste woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie, soos die profeet sê

HANDELINGE 7:48 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die Allerhoogste woon egter nie in mensgemaakte plekke nie. Soos die profeet dit stel

HANDELINGE 7:48 DB (Die Boodskap)

“Maar tog weet ons dat die allerhoogste God nie in geboue bly wat mense gebou het nie. Hy het dit duidelik deur een van die profete gesê

HANDELINGE 7:48 ABA (Bybel vir almal)

Maar God wat in die hoogste hemel woon, woon nie in tempels nie, want dit is mense wat tempels bou. Dit is wat die profeet sê

HANDELINGE 7:48 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die Allerhoogste woon egter nie in tempels wat met hande gemaak is nie, soos die profeet sê

HANDELINGE 7:48 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar die Allerhoogste woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie; soos die profeet sê