Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 7:37 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 7:37 AFR83 (Afrikaans 1983)

Dit is dieselfde Moses wat vir die volk Israel gesê het: ‘God sal uit julle eie geledere vir julle 'n Profeet soos ek laat voortkom.’

HANDELINGE 7:37 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Dit is dié Moses wat aan die kinders van Israel gesê het: Die Here julle God sal vir julle 'n Profeet verwek uit julle broers net soos ek is; na Hom moet julle luister.

HANDELINGE 7:37 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Hierdie selfde Moses het vir die volk Israel gesê: ‘God sal uit julle eie geledere vir julle ’n Profeet soos ek laat voortkom.’

HANDELINGE 7:37 DB (Die Boodskap)

“Dit is hierdie selfde Moses wat op ’n dag vir die Israeliete gesê het: ‘God sal eendag ’n boodskapper net soos ek uit julle midde laat voortkom.’

HANDELINGE 7:37 ABA (Bybel vir almal)

Dit was hý, Móses wat vir die Israeliete gesê het: ‘ God sal 'n profeet vir julle stuur. Hierdie profeet sal een van julle eie mense wees. Hy sal 'n profeet wees, soos ek.’

HANDELINGE 7:37 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Dit is dié Moses wat aan die kinders van Israel gesê het, ‘God sal vir julle 'n profeet net soos ek uit julle broers laat opstaan.’

HANDELINGE 7:37 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Dit is daardie Moses wat aan die kinders van Israel gesê het: 'n Profeet sal die Here julle God vir julle verwek uit julle broers soos ek; Hom sal julle hoor.