Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 7:20 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 7:20 AFR83 (Afrikaans 1983)

In dié tyd is Moses gebore, en hy was baie mooi. Drie maande lank is hy in sy ouerhuis versorg

HANDELINGE 7:20 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

In dié tyd is Moses gebore, en hy was wonderlik mooi. Drie maande lank is hy in die huis van sy vader versorg

HANDELINGE 7:20 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“In dié tyd is Moses gebore, en hy was besonder mooi. Sy ouers het hom drie maande lank tuis versorg.

HANDELINGE 7:20 DB (Die Boodskap)

“In daardie tyd is Moses gebore. En wat ’n mooi baba was hy nie! Sy pa en ma het hom drie maande lank in hulle huis weggesteek en versorg.

HANDELINGE 7:20 ABA (Bybel vir almal)

In hierdie tyd is Moses gebore. Hy was baie mooi. Sy ouers het drie maande lank goed vir hom gesorg.

HANDELINGE 7:20 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

In dié tyd is Moses gebore, en hy was uitsonderlik mooi in God se oë. Hy is drie maande lank in sy vader se huis versorg.

HANDELINGE 7:20 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

In watter tyd is Moses gebore en hy was buitengewoon mooi en het drie maande lank in die huis van sy vader onderhou