HANDELINGE 7:16
HANDELINGE 7:16 Bybel vir almal (ABA)
Die Israeliete het die liggaam van Jakob en die liggame van die voorvaders teruggeneem na die stad Sigem, en hulle het die liggame begrawe in die graf wat Abraham gekoop het by die nageslag van Hemor in Sigem.
HANDELINGE 7:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle is oorgebring na Sigem en weggelê in die graf wat Abraham vir 'n som geld gekoop het van die seuns van Hemor, die vader van Sigem.
HANDELINGE 7:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle liggame is na Sigem toe gebring en begrawe in die graf wat Abraham vir 'n som geld daar in Sigem by die nakomelinge van Hemor gekoop het.
HANDELINGE 7:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en hulle is na Sigem gebring en neergelê in die graf wat Abraham met 'n bedrag silwer by die seuns van Hemor in Sigem gekoop het.
HANDELINGE 7:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle is oorgedra na Sigem en neergelê in die graf wat Abraham gekoop het vir 'n som geld van die seuns van Emmor, die vader van Sigem.