HANDELINGE 5:36
HANDELINGE 5:36 Bybel vir almal (ABA)
Julle weet dat daar 'n tyd gelede iemand was, sy naam was Teudas. Hy het vir die mense gesê dat hy baie belangrik is. Omtrent 400 manne het hom gevolg. Maar die regering het hom laat doodmaak en hulle het die manne wat hom gevolg het, na al die kante toe gejaag. Ons het nie weer gehoor van Teudas en die manne wat hom gevolg het nie.
HANDELINGE 5:36 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
want nie lank gelede nie het Theudas opgestaan en gesê dat hy iets besonders was. By hom het 'n aantal mense — omtrent vierhonderd — aangesluit. Hy is gedood, en almal wat na hom geluister het, is uitmekaargejaag en het tot niet geword.
HANDELINGE 5:36 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Tyd gelede was daar die geval van Teudas, wat in opstand gekom en daarop aanspraak gemaak het dat hy iemand van betekenis is. Hy het 'n aanhang gekry van omtrent vier honderd man. Hy is doodgemaak, en al sy volgelinge is verstrooi, en die opstand het op niks uitgeloop nie.
HANDELINGE 5:36 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
want 'n ruk gelede het Teudas opgestaan en daarop aanspraak gemaak dat hy iets besonders is, en ongeveer vierhonderd manne het by hom aangesluit. Hy is doodgemaak, en almal wat na hom geluister het, is uitmekaargejaag en het in die niet verdwyn.
HANDELINGE 5:36 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want voor hierdie dae het Theudas opgestaan en hom gespog dat hy iemand is; by wie 'n aantal manne, omtrent vier honderd, hulle aangesluit het; en almal wat hom gehoorsaam het, is verstrooi en tot niet gemaak.
HANDELINGE 5:36 Die Boodskap (DB)
Moenie ’n oorhaastige besluit neem nie. Onthou julle nog vir Teudas? Hy is die man wat ’n ruk gelede gesê het dat hy ’n gestuurde van God is. Hy het so 400 aanhangers om hom bymekaargemaak. Toe hy doodgemaak is, het hulle almal gevlug. Op die ou end het daar niks van hulle planne gekom nie.