Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HANDELINGE 5:12 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HANDELINGE 5:12 AFR83 (Afrikaans 1983)

Deur die apostels het daar baie tekens en wonders onder die volk plaasgevind. En al die gelowiges het gereeld saamgekom in die Pilaargang van Salomo

HANDELINGE 5:12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En deur die hande van die apostels het daar baie tekens en wonders onder die volk plaasgevind; en hulle was almal eendragtig saam in die pilaargang van Salomo.

HANDELINGE 5:12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die apostels het baie tekens en wonders onder die volk gedoen. Al die gelowiges het gereeld saamgekom in dié deel van die tempel wat as die Pilaargang van Salomo bekend staan.

HANDELINGE 5:12 DB (Die Boodskap)

Die apostels het intussen voortgegaan om die een groot wonderwerk na die ander te doen. Die gemeente het gereeld by die Pilaargang van Salomo in die tempel bymekaargekom.

HANDELINGE 5:12 ABA (Bybel vir almal)

Die Here het die apostels baie tekens en wonderwerke laat doen by die mense. En al die gelowiges het baie maal bymekaargekom in die Pilaargang van Salomo.

HANDELINGE 5:12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Deur die hande van die apostels het daar baie tekens en wonders onder die volk plaasgevind. Hulle was almal eensgesind bymekaar in die Pilaargang van Salomo.

HANDELINGE 5:12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En deur die hande van die apostels is baie tekens en wonders onder die volk gedoen; (en hulle was almal eendragtig in Salomo se voorportaal.