Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 5:1 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 5:1 AFR83 (Afrikaans 1983)

Maar daar was ook 'n sekere man, Ananias, en sy vrou, Saffira, wat 'n eiendom verkoop het.

HANDELINGE 5:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

MAAR 'n sekere man met die naam van Ananías het saam met sy vrou Saffíra 'n eiendom verkoop

HANDELINGE 5:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Daar was egter ook ’n sekere man, Ananias, wat saam met sy vrou, Saffira, ’n eiendom verkoop het.

HANDELINGE 5:1 DB (Die Boodskap)

Ananias en Saffira, ’n egpaar in die gemeente, het ook ’n stuk grond verkoop. Ananias het ’n deel van die wins in sy sak gesteek en die res vir die apostels gevat. Hy het gemaak asof hy al die geld aan hulle gegee het.

HANDELINGE 5:1 ABA (Bybel vir almal)

Daar was 'n man, sy naam was Ananias. Sy vrou se naam was Saffira. Hulle het ook 'n stuk grond verkoop.

HANDELINGE 5:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

'n Man met die naam Ananias het saam met sy vrou Saffira 'n stuk grond verkoop

HANDELINGE 5:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar 'n sekere man met die naam van Ananias het saam met sy vrou Saffira 'n besitting verkoop