Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 28:25 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 28:25 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hulle was dit nie met mekaar eens nie en het weggegaan, maar Paulus het nog eers dít vir hulle gesê: “Hoe waar is dit tog wat die Heilige Gees by monde van die profeet Jesaja vir julle voorvaders gesê het!

HANDELINGE 28:25 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En toe hulle onder mekaar onenig was, het hulle uiteengegaan nadat Paulus hierdie woord gesê het, naamlik: Tereg het die Heilige Gees deur Jesaja, die profeet, tot ons vaders gespreek

HANDELINGE 28:25 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe ’n ernstige meningsverskil ontstaan, het hulle begin padgee. Paulus het egter nog vir oulaas een stelling teenoor hulle gemaak: “Hoe van toepassing is dit tog wat die Heilige Gees by monde van die profeet Jesaja vir julle voorvaders gesê het, naamlik

HANDELINGE 28:25 DB (Die Boodskap)

Hierdie besoekers het onder mekaar aan die stry geraak. Toe hulle begin huis toe gaan, het Paulus die laaste woord gehad: “Die Heilige Gees was heeltemal reg toe Hy deur die profeet Jesaja vir ons voorouers gesê het

HANDELINGE 28:25 ABA (Bybel vir almal)

En hulle het met mekaar gestry. Toe hulle uit Paulus se huis uitgaan, het hy nog hierdie een ding vir hulle gesê: “Die Heilige Gees het vir die profeet Jesaja iets gesê wat Jesaja vir julle voorvaders moes gaan sê. Wat die Heilige Gees gesê het, is waar.

HANDELINGE 28:25 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

In onenigheid onder mekaar het hulle uiteengegaan, nadat Paulus nog 'n enkele laaste woord gespreek het: “Die Heilige Gees het tereg deur die profeet Jesaja aan julle voorvaders gesê

HANDELINGE 28:25 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En toe hulle nie onder mekaar ooreengekom het nie, het hulle weggegaan, nadat Paulus een woord gespreek het: Goed het die Heilige Gees gespreek deur die profeet Jesaja tot ons vaders