Slaan direk na inhoud oor

HANDELINGE 28:11 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 28:11 AFR83 (Afrikaans 1983)

Na drie maande het ons vertrek met die Dioskuri, 'n Aleksandrynse skip, wat daar oorwinter het.

HANDELINGE 28:11 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

EN ná drie maande het ons afgevaar in 'n skip van Alexandríë met die skeepsmerk Castor en Pollux, wat op die eiland oorwinter het.

HANDELINGE 28:11 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Na drie maande is ons daar weg met ’n skip wat by die eiland oorwinter het, ’n Aleksandrynse skip met die Dioskuri as boegbeeld.

HANDELINGE 28:11 DB (Die Boodskap)

Na drie maande op Malta het ons Italië toe vertrek aan boord van ’n skip uit Aleksandrië, wat daar oorwinter het. Die skip se naam was die Dioskuri.

HANDELINGE 28:11 ABA (Bybel vir almal)

Drie maande het verbygegaan. Toe het ons met 'n ander skip weggeseil van die eiland Malta. Die skip het van die stad Aleksandrië gekom en dit het daar by die eiland gewag totdat die winter verby was. Die skip se naam was Dioskuri.

HANDELINGE 28:11 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ná drie maande het ons vertrek met 'n skip wat by die eiland oorwinter het. Dit was 'n skip uit Aleksandrië, met die Dioskuri as boegbeeld.

HANDELINGE 28:11 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En ná drie maande het ons vertrek met 'n skip van Alexandrië wat op die eiland oorwinter het, waarvan die teken Castor en Pollux was.