HANDELINGE 27:3
HANDELINGE 27:3 Die Boodskap (DB)
Die volgende dag het ons skip in Sidon aangekom. Julius, die Romeinse bevelvoerder, het Paulus toegelaat om gou ’n paar vriende daar te besoek.
HANDELINGE 27:3 Bybel vir almal (ABA)
Die volgende dag het die skip by die stad Sidon aangekom. Julius was vriendelik met Paulus. Julius het gesê Paulus mag na sy vriende in Sidon gaan sodat hulle vir hom kan sorg.
HANDELINGE 27:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die volgende dag het ons by Sidon aangekom. En Július het Paulus mensliewend behandel en hom toegelaat om vriende te besoek en versorging te ontvang.
HANDELINGE 27:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons het die volgende dag in Sidon aangekom. Julius was tegemoetkomend teenoor Paulus en het hom toegelaat om sy vriende te besoek. Hulle het hom van die een en ander voorsien.
HANDELINGE 27:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die volgende dag het ons by Sidon anker gegooi, en Julius het heel welwillend teenoor Paulus opgetree en hom toegelaat om na sy vriende te gaan en om hulle sorg te geniet.