HANDELINGE 27:24 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
HANDELINGE 27:24 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die engel het vir my gesê: ‘Moenie bang wees nie, Paulus. Jy moet nog voor die keiser verskyn. En ter wille van jou spaar God in sy goedheid die lewe van almal wat hier saam met jou op die skip is.’
HANDELINGE 27:24 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En hy het gesê: Moenie vrees nie, Paulus; jy moet voor die keiser staan, en kyk, God het aan jou geskenk almal wat saam met jou vaar.
HANDELINGE 27:24 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
en vir my gesê: ‘Hou op bang wees, Paulus. Jy moet nog voor die keiser verskyn. En dis nie al nie – om jou ontwil spaar God almal wat hier saam met jou op die skip is.’
HANDELINGE 27:24 DB (Die Boodskap)
‘Moenie bang wees nie, Paulus. Jy moet nog voor die keiser verskyn. Daarom sal God sorg dat jy lewend daar aankom. God het ook besluit om die lewe van almal saam met jou op die skip te spaar.’
HANDELINGE 27:24 ABA (Bybel vir almal)
Die engel het vir my gesê: ‘Paulus, jy moenie bang wees nie. Jy moet voor die regterstoel van die keiser in Rome gaan staan. God sal ook goed wees vir almal wat saam met jou op die boot is. Hy sal hulle red omdat Hy jou wil red.’
HANDELINGE 27:24 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
en gesê, ‘Moenie bang wees nie, Paulus, jy moet nog voor die keiser verskyn. Kyk, God het in sy genade die behoud van almal wat saam met jou vaar, aan jou geskenk.’
HANDELINGE 27:24 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
en gesê: Moenie vrees nie, Paulus! jy moet voor die keiser gebring word, en kyk, God het aan jou gegee almal wat saam met jou vaar.