HANDELINGE 27:14 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
HANDELINGE 27:14 AFR83 (Afrikaans 1983)
Maar dit was nie lank nie toe waai daar 'n stormwind van die land af, die Noordoos, genoem die Eurakilon.
HANDELINGE 27:14 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar nie lank daarna nie het 'n stormwind wat Euroklídon genoem word, daarvandaan neergeslaan.
HANDELINGE 27:14 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Maar dit was nie lank nie toe slaan daar ’n stormwind bekend as die Noordooster van die land af toe.
HANDELINGE 27:14 DB (Die Boodskap)
Hierdie stormwind, wat die Eurakilon genoem word, het ons skip soos ’n stukkie papier meegesleur.
HANDELINGE 27:14 ABA (Bybel vir almal)
Maar hulle het nie lank geseil nie, toe begin 'n baie sterk wind waai, die wind het van Kreta gekom. Dit was 'n noordooste-wind, die wind se naam was Eurakilon.
HANDELINGE 27:14 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar dit was nie lank nie, of daar swiep van die land af 'n stormwind neer wat as die Eurakilon bekend staan.
HANDELINGE 27:14 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar nie lank daarna nie het daar 'n stormwind teen hom opgekom, wat Euroclydon genoem word.