HANDELINGE 26:31 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 26:31 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe hulle uitgaan, sê hulle vir mekaar: “Hierdie man het niks gedoen wat die dood of tronkstraf verdien nie.”
HANDELINGE 26:31 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En toe hulle weggaan, praat hulle met mekaar en sê: Hierdie man doen niks wat die dood of die boeie verdien nie.
HANDELINGE 26:31 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Terwyl hulle uitgaan, sê hulle vir mekaar: “Hierdie man doen niks wat die dood of tronkstraf verdien nie.”
HANDELINGE 26:31 DB (Die Boodskap)
Terwyl hulle uitstap, het hulle vir mekaar gesê: “Hierdie man het niks verkeerds gedoen nie. Hy verdien nie die dood nie. Hy hoort nie eens in ’n tronk nie.”
HANDELINGE 26:31 ABA (Bybel vir almal)
Toe hulle uitgaan uit die saal, sê hulle vir mekaar: “Hierdie man is onskuldig. 'n Mens mag hom nie straf en doodmaak nie. Hy moet ook nie in die tronk wees nie.”
HANDELINGE 26:31 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het uitgegaan en vir mekaar gesê: “Hierdie man doen niks wat die dood of gevangenskap verdien nie.”
HANDELINGE 26:31 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe hulle opsy gegaan het, het hulle onder mekaar gepraat en gesê: Hierdie man doen niks wat die dood of boeie verdien nie.