HANDELINGE 26:30 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 26:30 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die koning het opgestaan en saam met hom ook die goewerneur en Bernice, met hulle gevolg.
HANDELINGE 26:30 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En nadat Paulus dit gesê het, staan die koning op en die goewerneur en Berníce en die wat saam met hulle gesit het.
HANDELINGE 26:30 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Toe het die koning opgestaan, en ook die goewerneur en Bernice en dié wat saam met hulle daar gesit het.
HANDELINGE 26:30 DB (Die Boodskap)
Na hierdie woorde het die koning en die Romeinse goewerneur, saam met Bernice en al die hooggeplaastes, opgestaan en die saal verlaat.
HANDELINGE 26:30 ABA (Bybel vir almal)
Toe het die koning opgestaan, ook die goewerneur en Bernice en die mense wat by hulle gesit het.
HANDELINGE 26:30 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe het die koning opgestaan, en ook die prokurator en Bernice, en diegene wat saam met hulle daar gesit het.
HANDELINGE 26:30 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En nadat hy dit gesê het, het die koning opgestaan, en die goewerneur en Bernice en die wat saam met hulle gesit het.