Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HANDELINGE 26:29 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HANDELINGE 26:29 AFR83 (Afrikaans 1983)

“Of dit nou gou-gou gebeur of langer duur,” antwoord Paulus, “ek bid God dat nie net u nie, maar almal wat vandag na my luister, sal word wat ek is, natuurlik net sonder hierdie boeie.”

HANDELINGE 26:29 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En Paulus sê: Ek sou wel God wil bid dat sowel byna as heeltemal nie alleen u nie, maar ook almal wat my vandag aanhoor, so mag word soos ek is, buiten hierdie boeie.

HANDELINGE 26:29 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Of dit nou ’n oomblik of langer sou vat,” antwoord Paulus, “ek bid God dat nie net u nie, maar almal wat vandag na my luister, gelowiges sal word soos wat ek is, maar natuurlik net sonder hierdie boeie.”

HANDELINGE 26:29 DB (Die Boodskap)

“Ek bid dat u en al die ander mense wat vandag na my luister Christene sal word,” sê Paulus toe. “Of dit nou dadelik gebeur of eers ’n rukkie later, my gebed is dat u net soos ek sal begin glo. O ja, natuurlik bid ek dat u sal glo sonder al die boeie wat ek vandag aanhet.”

HANDELINGE 26:29 ABA (Bybel vir almal)

Paulus het geantwoord: “Ek bid en vra vir God dat Hy vir jou sal maak soos ek is, en dat Hy dit ook sal doen vir al hierdie mense wat vandag na my luister. God kan dit gou doen of Hy kan dit ná 'n lang tyd doen, dit maak nie saak nie. Ja, ek wil hê julle moet wees soos ek is, maar julle moenie gevangenes wees nie.”

HANDELINGE 26:29 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Maar Paulus antwoord: “Of dit nou minder of meer verg, ek sou tot God wil bid dat nie net u nie, maar ook almal wat my vandag aanhoor, mag word soos ek is, maar sonder hierdie boeie.”

HANDELINGE 26:29 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En Paulus sê: Ek wil by God hê dat nie alleen jy nie, maar ook almal wat my vandag verhoor, byna en heeltemal soos ek is, behalwe hierdie boeie.